Sukkel jy met probleem­ areas waar die vetjies hardnekkig bly vasklou ten spyte van jou hardste oefensessies? Vaser Lipo­prosedures, ’n taamlik nuwe prosedure wat nog net ’n jaar in Suid­-Afrika beskikbaar is, is ’n opsie as die tradisi­ onele liposuigprosedure te ingrypend klink, skryf CARLA VAN NIEKERK.

Roshana Jansen (33) van Johannesburg het einde verlede maand vir Vaser Lipo-behandelings gegaan op on- der meer haar bo- en onderbuik en bo-bene.

“Die volgende dag voel dit soos wanneer jy verskriklik hard geoe- fen het in die gimnasium. Dit is steeds ’n operasie, maar jy is nie ’n invalide daarna nie. Jy kan be- weeg en versigtig doen wat jy moet doen.”
Jansen het gesê sy het eers ’n tradisionele vetsuig-operasie oor- weeg en verskeie plastiese chirur- ge daaroor gaan spreek.

“Ek het dit nie gedoen nie, want die hersteltyd is baie langer – jy is vir tien dae tot twee weke buite ak- sie. Ek het ook foto’s gesien van hoe pasiënte direk daarna lyk en jou liggaam is ongelooflik ge- kneus.

“Vaser Lipo is nie so hard op jou lyf nie. Ek kan al klaar ’n reuse- verskil sien. As die swelling sak, gaan dit wonderlik lyk.”

Jansen het vertel die prosedure is in ’n hospitaal gedoen en sy is dieselfde dag nog huis toe.

WEG MET DIE ‘MUMMY TUMMY’

’n Vrou van amper 50 van Jo- hannesburg, wat anoniem wil bly, het ook onlangs vir Vaser Lipo-be- handeling gegaan om van haar magie en love handles ontslae te raak.

“Ek is taamlik skraal, maar met ’n mummy tummy. Die behande- ling is vir daardie vetsakkies waarvan jy nie ontslae kan raak met gimoefening nie.”

Sy het gesê die prosedure het so- wat twee uur geduur en sy kon ná een uur huis toe gaan. “Dit voel of ek ernstig geoefen het en dis ’n bietjie gekneus, maar nie te erg nie. Daar is ’n redelike hoeveelheid swelling, maar dit is nie so seer dat jy pynstillers wil drink nie,” het sy die dag ná haar prosedure vertel.

Volgens haar het die dokter haar aangeraai om vyf dae verlof te neem, maar dit is nie verplig- tend nie. Sy was die volgende dag reeds weer kantoor toe. “Dit was baie ongemaklik. Niks pas oor die pressure garment wat jy vir 30 dae ná die prosedure moet dra nie.”

VINNIGER OP DIE BEEN

Dr. Barlodien Kotzé, wat die eer- ste Vaser Lipo-masjien in Suid-Afrika in Julie verlede jaar ge- koop het, sê dié tegnologie is min- der dramaties as ’n gewone vet- suig-operasie.

Ultra-klank-energie word ge- bruik om die vetselle van mekaar los te breek, verduidelik sy. “Vaser Lipo is meer spesifiek ge- rig en breek nie die bindweefsel af soos tradisionele lipo nie.

“Met Vaser Lipo spuit jy ’n vog- medium in en gebruik dan lang, ti- tanium-wondysters (probes) om die vetselle van mekaar los te breek. Dan suig jy dit uit met ’n suigkanule.” Kotzé sê ná Vaser Lipo-behande-
lings is pasiënte vinniger op die been en die kneusing is minder as ná ’n gewone vetsuig-operasie.
“Ek dink daar is ’n plek vir albei.

“Ek doen sculpting met Vaser Li- po en nie groot prosedures nie. Jy kan ook groot volumes met Vaser uithaal, maar dan moet jy dit in die hospitaal doen en daar oorbly.”

IDEALE KANDIDATE

Kotzé sê enigiemand met ’n pro- bleemarea kan gaan vir ’n evalua- sie om vas te stel of hulle kandida- te vir dié prosedure is.

“Die ideale persoon het ’n sta- biele gewig en ’n redelik gesonde leefstyl.
“Ek het al die prosedure op mense van jonk tot oud uitgevoer. “Party wil byvoorbeeld beter lyk in hul klere en die jonger meisies wil goed lyk in bikini’s.” Volgens haar trek die vel weer terug ná ’n Vaser Lipo-prosedure. “Die prosedure het baie goeie velretraksie. Maar as die vel baie beskadig is, soos met rekmerke, sal dit nie so goed terugtrek nie.”

Besoek die webwerf www.vaser.co.za vir meer inlig- ting en ’n lys van die plekke in die land wat Vaser Lipo-prosedures doen.